Anorganiese chemie

Anorganiese chemie is die vertakking van chemie wat gemoeid is met die eienskappe en reaksies van anorganiese verbindings. Dit sluit al die chemiese stowwe in buiten dié wat op koolstofkettings of -ringe gegrond is en wat organiese verbindings genoem word en wat bestudeer word in die vertakking wat bekend staan as organiese chemie. Die skeidslyn tussen die twee studievelde is nie absoluut nie en daar vind heelwat oorvleueling plaas veral ten opsigte van die ondervertakking organometaalchemie.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search